PlasmaMade KeukenKrant

Hersirkulasie baseer op plasma tegnologie

PlasmaMade

Die PlasmaMade lug filter is ‘n self-skoonmakende hersirkulasie filter. Dit bevat vier tipes filters binne ‘n enkele omhulsel: ‘n plasma filter, ‘n glas vesel filter, ‘n elektrostatiese filter en laastens ‘n koolstof filter. Dit was spesifiek ontwerp om gebruik te word in onttrekkings kappe en verwyder nie net alleen tipiese kook reuke nie, maar ook, onder andere, stuifmeel en bakterieë.
Hollandse uitvinder Martin van der Sluis is omtrent trots op sy produk. Tans, word die PlasmaMade Filter wereldwyd verkoop en is nou ook TÜV gesertifiseerd.

Van der Sluis is ‘n bekende gesig in die sector, nie net as ‘n kombuis kenner nie, maar ook as die ontwikkelaar van PittCooking (integreerde stowe in die toonbank). Op ‘n sekere tydstip, het dit te kenne gekom dat sy seun lei aan allergieë, so hy en sy broer het besluit om te werk aan die ontwikkeling van “iets” wat die lug kwaliteit tuis sal verbeter. “Ons het omtrent vyf jaar gewerk aan ons uitvindsel.” Sê Van der Sluis. “En die resultaat is die PlasmaMade filter, ‘n filter wat omtrent so groot soos ‘n groot boks met beskuitjies is, wat maklik installeer kan word in meeste bestaande en nuwe onttrekkings kappe. Die toestel elimineer vinnig alle onsuiwerhede en besoedeling in die lug: kook geure, stof, stuifmeel, bakterieë, reuke, sigaret rook, virusse, swamme… maak nie saak nie!”

Werking

Wanneer ‘n onttrekkings kap met ‘n integreerde PlasmaMade filter aangeskakel word, gaan die vet filter van die onttrekkings kap self eers alle vette en ander growwe onsuiwerhede uitfilter. Die lug word dan geblaas in die PlasmaMade lug filter. Hierdie lugvloei word bespeur deur ‘n sensor wat dan die PlasmaMade filter aan of af skakel. Afhangende van die lugvloei en die hoeveelheid besoedelde lug, word ‘n sekere hoeveelheid ioniseerde plasma (O3) ingespuit. Hierdie ioniseerde plasma (O3) verwyder O2 molekules van die besoedelde lug, en breek die lug af. Slegs CO2 en water damp (H) bly oor. Gedurende hierdie proses, word die glas filter aktiveer deur die elektrostatiese filter. Deur hierdie samewerkende proses, word alle vrygestelde stof deeltjies aangetrek en ge-elimineer. Die minimale hoeveelheid rook deeltjies wat spruit uit die proses word dan elimineer deur die ioniseerde plasma. Laastens, suiwer die koolstof die lug nog een keer.

Plat model
Die oorspronklike PlasmaMade filter is rond en ontwerp vir integrasie in konvensionele kappe. Ten spyte daarvan, het valstroom onttrekkings kappe aanhou veld wen en is die tendens dan ook opgemerk deur Van der Sluis. ‘n Paar weke gelede, is ‘n addisionele model vrygestel, ‘n plat weergawe wat spesifiek ontwerp is vir valstroom sisteme, en dus, byvoorbeeld, agter die vloerlys geplaas word. Van der Sluis: “Hierdie plat weergawe van die PlasmaMade lug filter word slegs onderskei deur sy vorm. Dit werk op dieselfde manier as die oorspronklike, ronde model en bied dieselfde voordele.”

Verspreiding
Van der Sluis hou van eenvoud en deursigtigheid, wat begin met die filter self. “Enigiemand kan die toestelle installeer.” beklemtoon hy. “Dit is werklik ‘n pas en speel sisteem.”
Hierdie selfde eenvoud en deursigtigheid word reflekteer in die verspreidings model wat gebruik word deur die vervaardiger: “Ons werk uitsluitlik met invoerders, so ons verkoop nie direk aan die handelaars of die publiek nie. Ons stem op duidelike voorwaardes ooreen met ons invoerders. Hulle almal koop ons filter teen dieselfde prys en die marge vir die handelaar word ook vasgestel, sodoende is die kliënt se prys min of meer dieselfde wêreldswyd.”

Toekoms
Van der Sluis het nog nie opgehou met uitvindsels nie. “Ons sien nogsteeds baie geleenthede vir ons PlasmaMade filter. Dink net aan die moontlikhede vir die gebruik van die toestel in kantore, gasvryheids sector, skole, laboratoriums…. Daar is soveel plekke waar skoon lug van kardinale belang is!”

Diegene wat bekend wil raak met die maatskappy en die PlasmaMade filter, moet een van die baie handels skoue bywoon waar die maatskappy verteenwoordig word. Hierdie is, byvoorbeeld, Area30 in Löhne (September) en LivingKitchen in Cologne (Januarie). Dis egter die moeite werd om solank na die webtuiste te gaan loer. Hier word die operasionele beginsels van die filter in fynere besonderhede verduidelik, in ‘n verskeidenheid tale.
www.plasmamade.com

Die PlasmaMade filter elimineer nie net tipiese kook geure nie, maar ook rook, stuifmeel, bakterieë, alle soorte geure, virusse, swamme, ens.

Martin van der Sluis” “Die verbruiker spaar geld met ‘n hersirkulasie kap omdat die verhitte lug nie buitentoe gelaat word nie, en boonop kry hulle met ons PlasmaMade filter vars skoon binnenshuise lug!”

Die PlasmaMade filter is baie kompak. Dit kan integreer word in meeste bestaande en nuwe onttrekkings kappe. “Dit os kinderspeletjies,” beklemtoon die vervaardiger, “werklik pas en speel.”

Die oorspronklike silindriese PlasmaMade filter het ‘n “klein boetie” laas maand bygekry: ‘n plat model wat agter die vloerlys geplaas kan word en daarom geskik is vir valstroom onttrekkings kappe.